19 April 2011

How to #34: enjoy your own demise

>>i am sore, i am tired. im failing half of my university work, and the work that im passing im not interested in. i make irrational decisions that i regret and that confuse people. i don’t look after my body. im not reaching the goals that I have set for myself. i don’t make enough effort for my friends and i feel lonely. i’m not doing well at my academics, i spell like a 12 year old spoon. i don’t feel pretty and i don’t have a good fashion sense. i write a terrible dead end blog and the job i  just got is going to keep me awake from 2 to 6 every Wednesday morning and i don’t even get paid. my Family is far away, and frankly, im convinced that they would not be able to understand let alone survive a day in the life of me. <<
<<I had a fantastic night last night, laughed till it hurt and I cannot wait to get to bed. I found out that I scraped through my Philosophy predicate test, and I’m going to have to work my butt off in the next 2 week on all the English work that iv aloud myself to get behind with. I’m in a fantastic relationship and I’m surrounded by people who have potential to become my most special and treasured friends. I finally finished training for Mfm and I’m going on air tomorrow morning bright and early, maybe now I will be able to find my morning jogging routine again. I love routine, and I love jogging in the morning.  My brother is having a great time in America and I cannot wait om weer hierdie naweek vir ‘n slag huis toe te gaan nie. ons gaan weer paaseiers jag!>>

13 April 2011

Duk aangemaak

Wat ek is en wat ek het
sal 'n handjie vol mense ondhou
Wat ek se sal min mense hoor
nog minder sal dit verstaan
maar waarin ek glo sal lewe


my Lewe is kleurvol soos 'n vet kruitprentjie
hoe meer ek binne die lyne mik
hoe meer lek dit na buite uit
dit word Deurmekaar en ander
kan nie verstaan nie
dan verstaan ek nie


my Hart is kastig geline met
Fancy Stainless Steel
struikel en swaar seerkry om in te pas
by myself
My Hart is 'n Grondpad
papwiele, verwarring
wie sal dit dan nou wil vat?

09 April 2011

How to #33: Be brunette

the lady robbed me of my blondeness!!! noo!!!

aniway... havent blogged in long again... i seem to be rather bad at this... maar blykbaar lees my vriende my blog!! dankie julle, julle is als!! :)

ek het vandag gaan staduim build vir my Mfm vereistes... eks nou al baie baie nader aan klaar wees... yay!

meer later.

dalk nog van my eie werk in 'n rukkie. werk aan 'n gedig en 'n liedjie
hopelik net 'n bietjie minder cripties. :P

05 April 2011

Best of FAILS 2010 Compilation

Dankie Mevrou

By die spar goed gekoop waarvan ek die strokie net daar by die till laat weg gooi het. Klim ek in my kar dat ek kan terug gaan om te leer. Die son sak al, maar ek wil nie terug gaan nie. Terug na my kombuis kantoor slaap kamer. Terug na my ‘vriendinne’ wat nie hulle daaglikse Majuba koffie date kan misloop nie. Die mense na wie ek eendag met ʼn smile op my gesig moet kan wys in my foto albums vir my kinders. Mos.
Ry ek toe oor Helshoogte pas at the speel of smell met baie mooi musiek wat op die CD speler tekere gaan. Zorgvliet, dis die naam van die wynplaas waaroor die man gepraat het wat in die Drive show op mfm gekom adverteer het. Ek wil Sondag saam met Louis hierheen kom, so ek draai in. Zorgvliet is net een skoon wit muur waarby ek in een reël van ʼn liedjie verby ry, maar ek hou aan. Verby ʼn vrek fancy gaste plaas plek, om donker draaie tussen privaat wingerde. Ek waai vir van die plaas werkers, en draai toe maar om. Dalk sal ek by nog ʼn paadjie afdraai. Die grondpad laat my CD krap, maar ek gee nie om nie. Dit voel soos huis.
Ek word hartseer wanneer ek weer verby ʼn ou plaas huis ry. Pad op het ek gedink dat dit mooi en misteries is. Maar pad af het ek in my kop ʼn mini fliek afgespeel, en voor my was dit ons plaas huis wat so lyk. Hortjies dig toegetrek met die verf wat lankal afgedop het. Die mure toe gerank. Maar die stoep en gras lyk mooi. Mens kan sien dat daar al geluk hier was.
Amper terug by die teerpad, kom daar ʼn vrou van voor af. Haar rok gespan oor haar kurwes, en haar arms lyk kort met die ‘groen’ Pick ʼn Pay. Maar haar vriendelike vampier voortandlose glimlag laat my selfsugtige alleen hart warm voel. Soos huis. Sy is ouer as ek maar ek se vir haar: ‘jy’. met ʼn klein sagte handjie stel sy haarself voor. Vanessa pas net net in die passasier sit plek voor haar inkopies teen die dashboard vasdruk, en die stoel is al die pad terug gestoot omdat Louis lang bene het. Sy werk by die laundromat, daai een agter die petshop langs die Pick ‘n Pay. Reeds die een waarheen ek altyd my kleure vat.
Laai haar in die duister af, nadat ek ʼn mooi U-turn gemaak het. En opad terug tel ek 3 op wat opad is teerpad toe waar hulle ʼn geleentheid gaan kry na die kerkraadsvergadering vanaand. Hulle gaan vanaand in die donker hier terug stap. Ek se naand mevrou, wat hulle is mos belangrike mense. Hulle is stil geskok. Hulle kom van Philip se town af en Colesberg. My wêreld se mense.
Mxit met my emo musiek sonder ʼn smile en ry terug na my boifrend waar ek gaan lag en weer eet al het ek nou nit daai pille gekoep hit vir baja gjeld. Ek bunk my koshuis vergaderings. Sal later my oe rooi vryf en iets se van persoonlike something. Bevraagteken verder my besluite en toekoms.

How to #34: Make it happen

*verwag binnekort van my eie skryf werk hier

Stop Fracking!!

HIDROLIESE SPLYTKLIEWING?  WAT OP AARDE IS DIT?         

Shell, asook verskeie ander maatskappye, verdring mekaar om ondergrondse gas in die Karo te ontgin.  Mense is egter bekommerd dat die proses die water en grond onherstelbaar sal besoedel.  Wat behels hidroliese splytkliewing nou eintlik?
“Splytsing”, (vir die doel van dié artikel) of dan ‘hidroliese splytkliewing’ is n Amerikaanse metode om diep ondergrondse rotsformasies uitmekaar te splits.  Miljoene liters water, sand en chemikalië word vir dié doeleinde, onder vreeslike hoë druk, die aarde ingepomp.
Dit veroorsaak breuke in die rotsbed, waardeur die gas kan ontsnap.
Dié gas word natuurlike gas of skaliegas genoem, maar is eintlik niks anders as metaangas nie.

Karoo Metaangas in die Karoo

Nou dié gas wat hulle so naarstigtelik wil myn, word gewoonlik gebruik in verhittingsprosesse, maar kan ook aangewend word in die ‘maak’ van elektrisiteit.  Boonop kan spesiaal aangepaste voetuie metaangas as brandstof gebruik.

Hoekom is almal dan so bekommerd?

In Amerika, waar dié “splytsing”-tegniek nou al geruime tyd gebruik word, steek groot en lastige probleme kop uit. Blootstelling aan die chemikalië wat in die proses gebruik word is ongelooflik gevaarlik. Die bekendste studiegeval wat deur die VSA Regerings-waghond aangemeld is, al in 2008, is dié van ‘n verpleegster van Colorado wat amper dood is aan orgaanversaking, nadat sy ‘n werker wat in “splytsing”-vloeistof beland het moes behandel. Selfs op die randjie van die dood gehuiwer het die betrokke maatskappy geweier om die samestelling van die chemikalië bekend te t\stel.  Sy weet nou nog nie waaraan sy blootgestel is nie…
Sedert 2004 is daar meer as 1000 insidente van waterbesoedeling deur chemikalië en/of metaangas, as gevolg van “splytsing,” aangemeld in die VSA state Pennsilvanië, Colorado, Ohio, New Mexiko en Arizona. Hierdie chemikalië is hoogs geheim omrede geen maatskappy wil hê die oposisie moet weet wat presies húlle gebruik nie.

Watter probleme word deur “splytsing” veroorsaak?

Die “splytsing” tegniek vereis die gebruik van grootskaalse toksiese chemikalië en plofbare gasse, alhowel dit 'n klein persentasie van die grootliks water-en-sand aard inspuiting uitmaak.
Blootstelling aan die chemikalië kan ernstige gesondheidsprobleme in beide mense en diere to gevolg he.  Aangemelde gevalle sluit in:  kanker, pyn in die hele lyf, onverklaarbare haarverlies en kneusplekke, asook ulkusse, om net 'n paar te noem.
Sommige gevolge is onmiddellik en dramaties sigbaar:  Huise en boorgate wat ontplof en water wat heeltemal ondrinkbaar word kort nadat “splytsing” in die omgewing begin het.
In sommige streke is die watertafels so besoedel met metaangas dat kraanwater spontaan aan die brand slaan wanneer ‘n flammetjie naby gehou word.
Sommige van die chemikalië wat gebruik word vir “splytsing” is reuk- en kleurloos: lewensgevaarlik selfs in klein hoeveelhede.  'n Mens sal dus nie eens weet of jy iets skadelik drink of inasem nie.
Voorts is daar bitter min laboratoriums in die land wat ingerig is om te kan toets vir sulke lae konsentrasies chemikalie nie.
Bensien kan leukemia, ‘n kanker van die bloedselle, veroorsaak.
Onafhanklike navorsers het bevind dat die drinkwater van groot dele van Amerika (sowel as Australië en Kanada) lank reeds met chemikalië en metaangas besmet is…

Wil ons so ‘n besoedelse erfporsie vir ons kinders agterlaat?

Water besmet is kan dit nooit weer gebruik word nie.  Nooit, ooit weer nie.  Nie vir stort nie en nie eens vir klere-was nie.
Tonne chemise stowwe wat bestaan uit onbekende konsentrasies en variasies word in splytsingsresepte gebruik. Uit die aard van die saak kan die lewensgevaarlik vir mens, dier en plantegroei wees.
Simptome sluit moegheid, lighoofdigheid disoriëntasie, kwaadaardige gewasse, misvormdheid in ongebore babas,  orgaan- en  breinskade is aangemeld
Diegene met ‘n verswakte imuunstels is natuurlik die meeste blootgestel, soos HIV/AIDS.

Kommer in Amerika

Gedurende die proses kom die meeste van die water en chemikalië (tussen 40 en 80%) weer na die oppervlak, maar nie alles gelyk nie. Wanneer dit wel opkom is groot hoeveelhede daarvan deurtrek met ondergrondse radioaktiewe bestanddele. Plofbare metaan kan nog lank uit tenks en boorgate bly lek nadat die maatskappye al vort is na nuwe weivelde. Werkers is ook meestal total onbewus van die gevare waaraan hulle blootgestel word. Vee en wilde diere spring dan natuurlik ook nie die nagevolge vry nie en siektes en sterftes is simptomaties van die gebiede waar “splytsing” plaasvind.






Maar wat gebeur nou eintlik gedurende “splytsing”?

Na ‘n boorgat gesink is, word die ondergrondse rotsbanke met onsettende hoe waterdruk oopgeruk.  Meer as 6 miljoen liter water, ‘n hoeveelheid sand en lorrie-vragte chemiekalië word per keer gebruik.
Elke boorgat (in groot dele van Amerika is hulle soos hare op ‘n hond se rug) word gewoonlik tot 18 keer “gesplyts” oor ‘n vyf jaar tydperk. Tydens elkeen van hierdie 18 splytsings word tussen 3 tot 10 Olimpiesstandaard swembaddensvol water gebruik.  Of anders  gestel, tussen 120 en 500 sementdamme – die damme wat langs windpompe op Karooplase te siene is.
Dan is daar natuurlik die sand en 3 000 tot 25 000 liter onverklaarde chemise stowwe.
Tydens “splytsing” word die resep onder vreeslike hoë druk deur ‘n staalpyp afgeblaas in die aarde om die rotsbed oop te bars. Die staalpyp is deur sement omgord.
Onthou nou dat die water wat terugkom na die oppervlak so deurtrek is van chemikalië en soms ook radioaktiewieteit as gevolg van ondergrondse radium en uranium, dat dit nooit weer aangewend kan word vir enige menslike of dierlike of plantegebruik nie.
Wonder jy ook nou wat hulle met die uiters gevaarlike newe-water gaan aanvang?  Wel, hulle wonder nog self daaroor.
Niemand kan die “splytsers” belet om op hul grond te myn nie, want alle ondergrandse minerale regte behoort aan die Regering. Sou jy 'n stokkie daarvoor wil steek, mag jy jou blootstel aan vervolging.

Waar wil hulle “splyts”?

Die totale area wat potensiëel gemyn gaan word vir gas is groter as die Oos-Kaap en Mpumalanga saam. As jy dink jy gaan die nagevolge vryspring, dink weer.  Boorgate word elke paar kilometer gesink, so elke dorp en elke plaas in die area sal beїnvloed word. Boorgate boor boonop horisontaal – ondergronds loop die boorpaaie soos fietspeke uit om elke bietjie gas vry te stel.

Wie is “splytsers”?

Drie oorseese maatskappye het regeringstoestemming gekry (deur die Petroleum Agenskap van SA) om te prospekteer vir gas.  Hulle is Royal Dutch Shell, Falcon Oil & Gas uit Amerika en Sunset Energy (ook genaamd Bundu), uit Australië.
Falcon Oil & Gas het ‘n permit verkry vir ‘n gebied wat rofweg een en ‘n half keer so groot is soos die Kruger Nasional Park (30 0002km).  Dit  sluit die bokhaargebied Jansenville in, sowel as Aberdeen, Rietbron, Merweville en Leeu-Gamka.
Sunset Energy  beoog 'n effe groter gebied – 35 0002km – insluitend Pearston en distrik Graaff-Reinet.
Saam beslaan dit ‘n gebied so groot soos die hele Oos-Kaap.
Dan is daar ook ‘n consortium, bestaande uit Sasol, America Chesapeak Energy en Statoil ASA, wat aansoek gedoen het om “splytsings”-regte te bekom vir ‘n 88 0002km area, wat groot dele van Kwazulu-Natal en feitlik die hele Vrystaat beslaan.

Hoekom hoor ons nou eers hiervan?

Roal Dutch Shell is besig om hul Omgewingsbestuursplan saam te stel.  Hulle konsulteer met jan-publiek, maar dit is moeilik om sulke groot afstande te dek.  Dan is hulle ook gedruk vir tyd, want die Regering het hulle net 120 dae gegee om die proses af te handel.
Falcon en Sunset Energy se openbare konsultasie proses is reeds afgehandel.  Jy het dalk nie daarvan gehoor het nie want hulle het bloot briewe gestuur aan almal wat volgens hulle geraak sou kon word – hulle erken dat dit moeilik was om op-datum titelaktes van plaaseienaars op te spoor.
Soos dit maar gaan met hals-oor-kop projekte het die meeste munisipaliteite, bestuursliggame en mense wat in townships bly, nog  nooit  van “splytsing” gehoor nie.

Bring splytsing werk?

Dalk - dit is ‘n lang-termyn projek, - verin die toekoms.  Aldus Shell sal hulle vir ‘n periode van nege jaar prospekteer waartydensl daar 'nie werklik werksgeleenthede sal wees nie'.

Maar benodig ons het dringend elektrisiteit nie?

Kan ons nie tyd, geld en energie spandeer op ondersoeke na veilige, volhoubare energie vir ons kinders nie? Ja, maar die gas gaan opraak.  Die Amerikaanse Marcellus Shale, dubbeld so groot soos die skaliegas neerslae in die Karoo, gaan na verwagting slegs 14 tot 20 jaar hou.  Dit klink miskien vir ons lank, maar in terme van toekoms-beplanning is dit soos ‘n waterdruppel in die Gariepdam.
Daarinteen kan wind en sonkragssverwekking ons kleinkinders van krag voorsien!
Ons kan nie nog vars water maak nie, maar ons kan ander maniere vind om elektrisiteit te maak.
Sonder skoon drinkwater is daar geen lewe nie.  Geen kos.  Geen werk.

03 April 2011

Song for the day


Dj Cleo - My ma se kind