05 April 2011

Dankie Mevrou

By die spar goed gekoop waarvan ek die strokie net daar by die till laat weg gooi het. Klim ek in my kar dat ek kan terug gaan om te leer. Die son sak al, maar ek wil nie terug gaan nie. Terug na my kombuis kantoor slaap kamer. Terug na my ‘vriendinne’ wat nie hulle daaglikse Majuba koffie date kan misloop nie. Die mense na wie ek eendag met ʼn smile op my gesig moet kan wys in my foto albums vir my kinders. Mos.
Ry ek toe oor Helshoogte pas at the speel of smell met baie mooi musiek wat op die CD speler tekere gaan. Zorgvliet, dis die naam van die wynplaas waaroor die man gepraat het wat in die Drive show op mfm gekom adverteer het. Ek wil Sondag saam met Louis hierheen kom, so ek draai in. Zorgvliet is net een skoon wit muur waarby ek in een reël van ʼn liedjie verby ry, maar ek hou aan. Verby ʼn vrek fancy gaste plaas plek, om donker draaie tussen privaat wingerde. Ek waai vir van die plaas werkers, en draai toe maar om. Dalk sal ek by nog ʼn paadjie afdraai. Die grondpad laat my CD krap, maar ek gee nie om nie. Dit voel soos huis.
Ek word hartseer wanneer ek weer verby ʼn ou plaas huis ry. Pad op het ek gedink dat dit mooi en misteries is. Maar pad af het ek in my kop ʼn mini fliek afgespeel, en voor my was dit ons plaas huis wat so lyk. Hortjies dig toegetrek met die verf wat lankal afgedop het. Die mure toe gerank. Maar die stoep en gras lyk mooi. Mens kan sien dat daar al geluk hier was.
Amper terug by die teerpad, kom daar ʼn vrou van voor af. Haar rok gespan oor haar kurwes, en haar arms lyk kort met die ‘groen’ Pick ʼn Pay. Maar haar vriendelike vampier voortandlose glimlag laat my selfsugtige alleen hart warm voel. Soos huis. Sy is ouer as ek maar ek se vir haar: ‘jy’. met ʼn klein sagte handjie stel sy haarself voor. Vanessa pas net net in die passasier sit plek voor haar inkopies teen die dashboard vasdruk, en die stoel is al die pad terug gestoot omdat Louis lang bene het. Sy werk by die laundromat, daai een agter die petshop langs die Pick ‘n Pay. Reeds die een waarheen ek altyd my kleure vat.
Laai haar in die duister af, nadat ek ʼn mooi U-turn gemaak het. En opad terug tel ek 3 op wat opad is teerpad toe waar hulle ʼn geleentheid gaan kry na die kerkraadsvergadering vanaand. Hulle gaan vanaand in die donker hier terug stap. Ek se naand mevrou, wat hulle is mos belangrike mense. Hulle is stil geskok. Hulle kom van Philip se town af en Colesberg. My wêreld se mense.
Mxit met my emo musiek sonder ʼn smile en ry terug na my boifrend waar ek gaan lag en weer eet al het ek nou nit daai pille gekoep hit vir baja gjeld. Ek bunk my koshuis vergaderings. Sal later my oe rooi vryf en iets se van persoonlike something. Bevraagteken verder my besluite en toekoms.

2 comments:

  1. Dis mooi. Maak my nostalgies:) Verlang sommer Karoo toe. En my koshuis het dit gemaak tot op Jana se blog. whoohoo

    ReplyDelete
  2. Ek't jou blog gelees! Dis so awesome dat jy dit het, ek wil ook 1 hê, haha! Jy skryf goed hoor, ek't dit geniet xX

    ReplyDelete