13 April 2011

Duk aangemaak

Wat ek is en wat ek het
sal 'n handjie vol mense ondhou
Wat ek se sal min mense hoor
nog minder sal dit verstaan
maar waarin ek glo sal lewe


my Lewe is kleurvol soos 'n vet kruitprentjie
hoe meer ek binne die lyne mik
hoe meer lek dit na buite uit
dit word Deurmekaar en ander
kan nie verstaan nie
dan verstaan ek nie


my Hart is kastig geline met
Fancy Stainless Steel
struikel en swaar seerkry om in te pas
by myself
My Hart is 'n Grondpad
papwiele, verwarring
wie sal dit dan nou wil vat?

No comments:

Post a Comment